News

Image
Image

This is Wolboer/Wool Farmer’s veterinary Q&A column, sponsored by Afrivet. Send your questions about animal diseases, biosecurity, and animal health management to This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. or This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., and we will do our best to provide a practical answer.

Hierdie is Wolboer/Wool Farmer se veeartsenykundige vraag- en-antwoord-rubriek waarvoor Afrivet sy kundigheid verskaf. As jy vrae het oor dieresiektes en -gesondheid, stuur dit na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., en ons doen ons bes om ’n praktiese antwoord te verskaf.

woolfarmer question lg

VRAAG:

Watter aanvullings moet ek vir my diere gee?

woolfarmer question lg

>> ANTWOORD:

Vitamien- en mineraalaanvullings bly voort- durend aan die voorpunt van besprekings, en diere-eienaars is soms onseker oor watter tipe aanvullings om te gee en wanneer.

Noodsaaklike minerale word in twee groepe verdeel, naamlik spoorelemente en makro- elemente. Spoorelemente sluit yster, sink, koper, molibdeen, selenium, jodium, mangaan en kobalt in. Makro-elemente sluit kalsium, fosfor, kalium, natrium, chloor, sulfaat en magnesium in. Mineraaltekorte manifesteer dikwels as subkliniese toestande wat baie moeilik is om te diagnoseer, soos ’n afname
in immuniteit (meer vatbaar vir siektes, swak immuniteit in reaksie op inenting), swak groei en lae vrugbaarheid. Eers wanneer ’n baie ernstige tekort ontstaan, word sekere kliniese tekens soos beenmisvorming en aborsies sigbaar. Die liggaam het in verskillende tye van die produksiesiklus ’n behoefte aan verskillende minerale. Die verskillende behoeftes kan soos volg opgesom word:

Groei en gesondheid van lammers

  • woolfarmer v11n2 pic3Sink: Vir ’n gesonde eetlus en selverdeling (groei en weefselvernuwing). Sink help met die behandeling van vrotpootjie en veltoestande.
  • Koper: Tekorte manifesteer as ’n lam se kruis terugswaai, en ook met diarree.
  • Sink, mangaan en koper: Vir gesonde been- en kraakbeenontwikkeling en -groei.
  • Selenium: Tekorte manifesteer as vlekspiersiekte (“white muscle disease”).

Immuniteit van speenlammers

Speenlammers se immuniteit word ondersteun deur sink, selenium, mangaan, koper en chroom. Hierdie minerale is dus belangrik om voldoende immuniteit ná inenting te verseker.

Sink, selenium, mangaan en koper is belangrike anti-oksidante en help om vrye radikale, wat selle beskadig en immuniteit en gesondheid onder druk plaas, teen te werk.

Voortplanting, fetus en geboorte

Ovulasie en estrus word deur selenium, mangaan en koper ondersteun. Ramme se spermtelling en -gehalte kry ’n hupstoot deur sink, selenium en mangaan aan te vul. Die fetus benodig sink vir ontwikkeling en die oordrag van immuniteit van die koei af. Selenium en koper is belangrik vir embrio-oorlewing en immuniteit.

Ná lam is selenium, mangaan en koper nodig om die oorlewingsvermoë van die pasgebore lam te verhoog. Sink, selenium en chroom help om nageboortes wat vassit, te voorkom of te verminder. Tydens laktasie is selenium, sink en koper die minerale van keuse om mastitis te voorkom en/of te verminder, en om as ondersteunende behandeling tydens mastitis te gebruik.

Belangrikheid van selenium

woolfarmer v11n2 pic1Selenium speel ’n kardinale rol in diere- gesondheid, maar ’n tekort aan dié mineraal word in die hele Suid-Afrika, met uitsondering van sekere gedeeltes van die Karoo, ondervind. Selenium is die belangrikste spoorelement vir die ondersteuning van herkouers se immuunfunksies. Selenium is, saam met vitamien E, sekerlik die grootste rolspeler as anti-oksidant in die liggaam. Hierdeur word siektes voorkom en dit dra by tot spoedige herstel van siektes.

Glutatioonperoksidase is ’n ensiem wat selenium nodig het om te funksioneer, en is baie belangrik as ’n anti-oksidant. Dit vernietig vrye radikale wat tydens stres- en siektetoestande gevorm word. Vrye radikale veroorsaak weefsel- skade en onderdruk immuniteit. Selenium is nodig om glutatioonperoksidase se funksie en sodoende immuniteit te ondersteun. Studies het bewys dat glutatioonperoksidase se aktiwiteit verhoog het ná die aanvulling van selenium
wat in sekere maatskappye se mondelinge aanvullings gevoeg is. Die eindresultaat is ’n produk wat betroubaar is en werk.

Reproduksie en bevrugting

Selenium speel ’n baie belangrike rol in reproduksie en is van kardinale belang vir bevrugting. Tekorte kan tot hoë embrioverliese tydens vroeë dragtigheid (eerste drie tot vier weke) lei. Die produksie en gehalte van spermselle neem af met seleniumtekorte, wat dus ’n negatiewe uitwerking op die dragtigheidskoers van ’n kudde het. Omdat selenium so ’n belangrike element is, kom dit in baie aanvullings voor. Let op die vorm waarin dit in aanvullings aangebied word. Seleniumaanvullings word aanbeveel in belangrike fases van die reproduksiesiklus, soos ses weke voor paring, ses weke voor lamtyd, in die dekseisoen vir ramme, en vir lammers by speen.

woolfarmer v11n2 pic2

Bevestinging van mineraalvlakke

Om vlakke van belangrike minerale te ontleed, kan lewerbiopsies deur die veearts onder verdowing geneem word by lewende diere. Die alternatief is om ’n palm-grootte stuk van die lewer van ʼn dier wat geslag is of gevrek het, te stuur vir ontleding. Dit kan op ʼn gereelde grondslag gedoen word om die situasie op jou plaas te monitor. Sodoende vermy ’n mens die moontlikheid om mineraaltekorte te lank mis te kyk, of die risiko van oordosering en vergiftiging met minerale waarvan die vlakke voldoende is. Bespreek die opsies en laboratoriums wat die ontledings kan doen met jou plaaslike veearts.


Wolboer/Wool Farmer | Vol 11 Nr 2 • 2023

afrivet logo