News

Image
Image

This is Wolboer/Wool Farmer’s veterinary Q&A column, sponsored by Afrivet. Send your questions about animal diseases, biosecurity, and animal health management to This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. or This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., and we will do our best to provide a practical answer.

Hierdie is Wolboer/Wool Farmer se veeartsenykundige vraag- en-antwoord-rubriek waarvoor Afrivet sy kundigheid verskaf. As jy vrae het oor dieresiektes en -gesondheid, stuur dit na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., en ons doen ons bes om ’n praktiese antwoord te verskaf.

woolfarmer question lg

VRAAG:

Wat is polio-enkefalomalasie (PEM)?

woolfarmer question lg

>> ANTWOORD

Polio-enkefalomalasie (PEM) is ook bekend as serebro-kortikale nekrose (cerebrocortical necrosis, CCN). Dit beteken nekrose (selle wat afsterf) en edeem (swelling) in die brein. Dit is al by verskeie spesies gerapporteer: skape, bokke, beeste, wildsbokke en kamele. Dit kan sporadies of in groepe voorkom.

PEM word meer gereeld by jonger diere gesien en die algemeenste oorsaak is ’n tiamien- (vitamien B1) tekort. Vitamien B1 speel in alle selle ’n belangrike rol as ’n ko- ensiem in glukose-metabolisme. Aangesien die brein hoofsaaklik glukose gebruik as energiebron, lei ’n ontwrigting in glukose- metabolisme in die brein tot selle wat afsterf, en die gevolg is ernstige neurologiese simptome.

Jong diere is afhanklik van dieet as tiamien- bron, en by volwasse diere word tiamien deur rumenmikrobes vervaardig. As die dieet dus laag is in tiamien, bvvoorbeeld tydens die oorskakeling van melk na weiding (waar rumenmikrobes die produksie van tiamien oorneem) kan jong diere PEM ontwikkel. By ouer diere kan siektes soos suurpens (hoë koolhidraatinname) by voerkraaldiere, of voer wat hoog is in plant-tiaminase (’n ensiem wat tiamien afbreek) ’n belangrike rol speel in die ontwikkeling van PEM.

’n Tweede oorsaak van PEM is hoë vlakke van swael. Die toestand is baie goed by beeste beskryf, maar kan ook by skape en bokke voorkom. Hoë vlakke van swael kan in water of voer, of in ’n kombinasie daarvan, voorkom. Die swael word in die rumen omskep tot die toksiese stikstofsulfied (H2S) wat sellulêre energiemetabolisme omverwerp en dan PEM veroorsaak, soortgelyk aan die toestand wat weens ’n tiamientekort voorkom.

Indien behandeling vertraag word, kan diere vrek of ernstige neurologiese simptome oorhou.

PEM kan ook deur behandeling met amprolium geïnduseer word. Amprolium word gebruik vir die behandeling van koksidiose en ding mee met tiamienopname in die brein. Diere wat met amprolium behandel word, moet fyn dopgehou word vir PEM-simptome. Hierdie oorsaak is egter skaars.

Image

Kliniese simptome gaan gepaard met serebrale disfunksie en sluit in:

  • ’n Dier wat doelloos ronddwaal
  • ’n Dier wat in sirkels loop
  • Blindheid
  • Gebrek aan koördinasie
  • ’n Dier wat die kop teen voorwerpe druk
  • ’n Dier wat die kop agteroor trek
  • ’n Dier wat gaan lê
  • Nistagmus (abnormale oogbewegings van kant tot kant)
  • Stuipe
  • Vrektes

Post mortem-bevindinge:

  • Die voue (giri) van die brein is platter
  • Die serebellum druk deur die foramen magnum (’n indikasie van breinswelling)

PEM word gediagnoseer wanneer die kliniese simptome, soos hierbo beskryf, waargeneem word, wanneer die diere herstel ná vitamien B1-behandeling, en wanneer ’n post mortem daarop dui. Histologiese ondersoek van breinmateriaal deur ’n veeartsenykundige patoloog sal die diagnose bevestig indien nodig. Water en voer kan vir swaelvlakke getoets word.

Siektes waarmee PEM by skape verwar kan word, sluit in domsiekte, die breinvorm by bloednier (fokale simmetriese enkefalomalasie), listeriose en loodvergiftiging. By beeste kan PEM verwar word met akute loodvergiftiging, soutvergiftiging/watertekort, hondsdolheid, vitamien A-tekort en Histophilus meningio- enkefalitis.

Die behandeling van PEM, ongeag die oorsaak, bly Vitamien B1.

Die dier herstel gewoonlik binne enkele ure. ’n Mens moet wel waak daarteen om af te lei dat ’n tiamientekort die onderliggende oorsaak van PEM is, al reageer die diere op tiamienbehandeling. Tiamien moet so vroeg moontlik in die siekte toegedien word. Indien behandeling vertraag word, kan diere vrek of ernstige neurologiese simptome oorhou. Kortisoon (verkrygbaar deur die kudde-veearts) kan help om die brein-edeem (swelling) teen te werk. Daar is denkrigtings dat vitamien B1 voorkomend in kos gegee kan word. Indien swaelvlakke die oorsaak van PEM is, sal die voer- of waterbron verander moet word, of diere sal genoegsame tyd gegee moet word om aan te pas.

PEM en die siektes wat daarmee verwar kan word, het ernstige nagevolge. Vroeë optrede wanneer die kliniese simptome waaargeneem word, kan lewensreddend wees.

fibre logo

Quality of mohair. Quality of wool. Quality of trust.

The House of Fibre illuminates the way forward as a new, independent fibre broker of global vision, dedicated passion and unwavering excellence. The House of Fibre is set to transform the fibre brokering landscape forever. Trust us to grow and nurture your business like our own through market leading innovation, technical expertise, excellent service and a commitment to sustainability through ethical practices. Let our expertise be your peace of mind.

The House of Fibre
Trusted mohair and wool brokers
www.house-of-fibre.co.za


Wolboer/Wool Farmer | Vol 10 Nr 4 • 2022

afrivet logo