News

’n Oplossing om bek-en-klouseer te voorkom en bekamp

Danksy A.C.T L.A se wye spektrum van doeltreffendheid, langwerkende aksie, asook registrasie teen spesifieke siektes in Suid-Afrika vír Suid-Afrika, kan dit ’n kragtige bondgenoot word in die oorlog teen bek-en-klouseer. Dit is een van Afrivet se nuwe uitblinkerprodukte.

Bek-en-klouseer is berug vir die slegte impak wat dit op die Suid-Afrikaanse veebedryf het. Dit is ’n siekte wat herhaaldelik sy kop uitsteek met hewige implikasies op die land se uitvoerstatus en ekonomie. Dié siekte is al jare lank in Suid-Afrika en is die eerste keer in 1892 in Griekwaland-Wes aangeteken.

DIE MOEILIKHEID

Suid-Afrika sukkel om sy status as vry van bek-en-klouseer te behou. Dit is in 1996 deur die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) toegeken, maar ná ’n uitbreking in 2000 is dit opgeskort. In 2014 is die status weer hernu, maar ’n uitbreking in 2019 het weer daartoe gelei dat die status ontneem is.

Suid-Afrika probeer tans nóg ’n uitbreking die hoof bied. In Mei vanjaar is diere met tipiese letsels gevind by ’n diptenk in die uMkhanyakude-distrik in KwaZulu-Natal en positief gediagnoseer. In die ses maande daarna is die vereiste streng maatreëls ten opsigte van die beweging van diere ingestel. ’n Kliniese en serologiese diagnostiese ondersoek is begin om die siekte te monitor en te bekamp. Die virus is by ’n verdere 26 diptenks en twee voerkrale gevind.

Bek-en-klouseer tas diere met gesplete kloue aan en is grootliks ’n probleem onder beeskuddes, hoewel skape, bokke en varke ook vatbaar is. In Suid-Afrika word dit ook aangetref onder wild, soos rooibokke en buffels. Buffels kan tot vyf jaar lank draers wees en gevolglik die siekte na veekuddes versprei. Dit is een van die grootste redes vir die ingewikkelde situasie in Suid-Afrika.

Die siekte is endemies in die Krugerwildtuin. Die buffersone lê om die wildtuin en in hier- die sone moet beeste elke ses maande ingeënt word. Beeste kan ook draers van die siekte wees. Daarom is kwarantyn, bewegingsbeperkings en biosekerheid uiters belangrik tydens ’n uitbreking.

SIMPTOME

Tipiese kliniese tekens wat gesien word, is sere in die mond en op die voete. Daarna volg kwyling, neus-uit- skeiding en mank- heid. Die virus word uitgeskei in speeksel, neusaf-skeidings, melk en semen. Dit kan versprei deur regstreekse kontak of wanneer klein druppeltjies ingeasem word. Onregstreekse verspreiding deur besmette voertuie, klere, toerusting, voer, krale en kripbakke vind ook plaas.

Om hierdie rede is biosekerheid uiters belangrik vir siekte-bestryding en streng maatreëls word by veilings toegepas.

NUWE PRODUK

Afrivet het in Augustus vanjaar ’n produk bekend gestel wat ’n ligpunt in die stryd teen bek- en-klouseer is.

A.C.T L.A is ’n langwerkende ontsmettingsmiddel wat geregistreer is vir die gebruik teen talle van Suid-Afrika se belangrikste virusse, swamme en bakterieë, wat varkpes, voëlgriep, katgriep en ook bek-en-klouseer insluit.

Dit kan aangewend word as ’n ontsmettingsmiddel op voertuie wat tussen kuddes, plase of veilingsgronde beweeg, en op toerusting, krale en voerkrippe. Die middel het ’n nawerking van tot sewe dae op oppervlakke indien dit nie afgewas word nie.

Die produk is ook geregistreer vir gebruik as handont-smettingsmiddel vir personeel met ’n langwerkende effek op die vel wat tot ses uur kan duur.

Dit is nie giftig vir die omgewing nie en kan nie skade aan toerusting en masjinerie veroorsaak nie. Dit kan selfs gebruik word om slagplase te ontsmet.

act disinfectant

afrivet logo