News

Image
Image

This is Wolboer/Wool Farmer’s veterinary Q&A column, sponsored by Afrivet. Send your questions about animal diseases, biosecurity, and animal health management to This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. or This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., and we will do our best to provide a practical answer.

Hierdie is Wolboer/Wool Farmer se veeartsenykundige vraag- en-antwoord-rubriek waarvoor Afrivet sy kundigheid verskaf. As jy vrae het oor dieresiektes en -gesondheid, stuur dit na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it., en ons doen ons bes om ’n praktiese antwoord te verskaf.

woolfarmer question lg

VRAAG:

Ek boer in ’n somerreënvalgebied en ek sukkel elke jaar met brommer- aanvalle onder my skape.
Wat kan ek voorkomend doen?

woolfarmer question lg

>> ANTWOORD

woolfarmer v10n5 pic2Die groenbrommer (Lucilia cuprina) is verantwoordelik vir tot 90% van alle brommer-aanvalle of miïase of dan brommer- besmetting by skape. Die groenbrommer verskil baie van ander brommers in die sin dat die grootste gedeelte van die lewensiklus op lewendige skape plaasvind. Meeste van die ander brommers se lewensiklus vind gewoonlik op of naby karkasse plaas.

Brommer-aanvalle vind gewoonlik gedurende warm, nat tye van die jaar plaas. So min as sewe tot tien brommers per hektaar kan meer as genoeg skade aanrig indien skape teenwoordig is.

Skaapbrommers kan nie eiers lê alvorens hulle ’n proteïenmaaltyd gehad het nie. Ná hierdie maaltyd (gewoonlik vanaf mis of ’n karkas) sal die vlieë paar en tot 200 of meer eiers word op ’n slag gelê. Volwasse skaapbrommers, wat terloops baie goed en selfs sover as 5 km kan vlieg, is 7–12 mm lank met ’n blou of groen metaalkleur, en kan vir langer as ’n maand leef. In hierdie maand kan hulle twee tot drie keer eiers lê. Hulle word gewoonlik aangetrek deur die reuk van ontbinde materiaal, maar word ook aangetrek deur die reuk van urine of mis op diere.

Vrotpootjie gaan ook gepaard met reuke en dit kan ook die brommers aantrek. Onder ideale omstandighede sal maaiers binne 12 uur uitbroei en ten volle gevoed en gereed wees om af te val vier dae nadat hulle uitgebroei het. Sodra die maaiers afval, kruip hulle in die boonste lagie van die grond of mis in krale en verander in ’n papie. Vanuit hierdie papie sal die volgende volwasse brommer weer uitbroei. Onder ideale omstandighede mag hierdie totale siklus in 12 dae voltooi word. Afhangend van die weerstoestande kan daar twee tot agt generasies in een seisoen wees.

Hoekom is ’n skaap vatbaar vir brommer-aanvalle?

’n Skaap se vatbaarheid vir brommer-aanvalle word primêr bepaal deur die hoeveelheid
vog in die wol. Skape wat tot op die vel nat word, ontwikkel baie maklik vagvrot. Vagvrot ontstaan as gevolg van ’n inflammasiereaksie op die vel met ’n afskeiding van serum.

Brommers word hierdeur aangetrek na die skaap en die hele bose kringloop begin dan as die brommer eiers op die skaap begin lê.

Klontwol, ’n toestand wat deur ’n bakterie in die vel veroorsaak word, skep ook die ideale omgewing vir die brommers om eiers te lê. Die maaiers broei uit in die klontwol, voed en penetreer dan dieper in die vel in. Brommers word ook aangetrek na wol wat met urine en loperige mis besmeer is. Laasgenoemde word baie keer geassosieer met interne parasiete soos haarwurm of met geil weiding.

Ooie en lammers word die meeste geaffekteer en die diere word feitlik “lewendig” deur die maaiers opgeëet, wat baie stresvol vir die diere is.

Wonde (skeer en ander wonde), vrotpootjie en oë wat traan is ook baie aantreklik vir die brommers. In alle gevalle is vog egter die gemeenskaplike faktor wat brommeraanvalle vooraf gaan.

Brommers val veral die broekgedeelte (rondom die anus en uitwendige geslagsorgane van ooie) aan, veral by skape met ’n oormaat plooie in daardie area, en dan op ander dele van die liggaam, veral die flanke en die rug, hoofsaaklik as gevolg van vagvrot of met klontwol. Ramme met horings word soms by die horingbasis of rondom die skedel aangeval.

Ooie en lammers word die meeste geaffekteer en die diere word feitlik “lewendig” deur die maaiers opgeëet, wat baie stresvol vir die diere is. Verder produseer die maaiers ook ammoniak, wat toksies vir die dier is. Sekondêre bakteriese besmetting kompliseer alles verder en aangetaste skape is depressief, hou op vreet, het koors, inflammasie, bloedverlies ensovoorts. Onbehandelde diere vrek gewoonlik.

Voorkoming van brommer-aanvalle

Daar is verskeie metodes om brommer-aanvalle tot ’n minimum te beperk. Geeneen van hierdie metodes behoort egter losstaande gesien te word nie.

  • Verbeter die konformasie van die skape deur korrektiewe teling – geplooide skape is meer geneig om deur brommers aangeval te word. Hierdie is egter ’n langtermyn-projek.
  • Moenie sterte van lammers te kort afsny nie – die gebied rondom die anus en vulva is baie droër by skape met die korrekte stertlengte.
  • Mikskeer is nog ’n belangrike en praktiese metode om aansameling van vog te beperk. Dit kan met groot sukses ook voor die lamseisoen toegepas word.
  • Inwendige parasiete wat maagwerkings kan veroorsaak, moet voortydig behandel word. Voorkomende gebruik van dipmiddels en endektosiede teen bosluise wat die vel kan beskadig, sal ook help in die voorkoming van brommer-aanvalle.
  • Vliegbeheer kan oorweeg word, maar in ’n ekstensiewe skaapboerdery kan dit moeilik wees om dit prakties toe te pas.
  • Met inagneming van omgewingsfaktore, veral hoë reënval, kan chemiese beheer voorkomend toegepas word. Daar is verskeie middels op die mark wat inspuitbaar, opgietbaar of as ’n dip gebruik kan word, wat onder andere insluit organofosfaat, wat tot 12 weke beskerming kan bied, piretroïede (sipermetrien, deltametrien, flumetrien), wat as ’n reël net ’n paar weke beskerming teen brommer-aanvalle gee, en dan ook die makrosikliese laktone (ivermektien, doramektien en moksidektien), waarvan sommiges tot 12 weke beskerming kan gee. Insekgroei-reguleerders maak nie die maaiers dadelik dood nie, maar beïnvloed hul groeisiklus. Spinosad, ’n nuwegenerasie-middel, kan ook oorweeg word. Soos met so baie ander middels is daar ook al weerstand teen sekere middels – as ’n produk skynbaar nie werk nie, kontak gerus u veearts vir verdere raad.

Behandeling

Skape waarvan die vel reeds beskadig is en waar lewendige maaiers in die wonde voorkom, word die beste behandel deur ’n inspuitbare makrosikliese laktoonmiddel (bv. ivermektien) te gee saam met antibiotika en die wond dan verder as ’n oop wond te behandel – kontak gerus u veearts vir die regte prosedure en middels.

Laaste woord

Brommer-aanvalle is voorkombaar en alles moet in werking gestel word om te voorkom dat ons tot op die punt kom waar ons met ’n oop wond sit.


Wolboer/Wool Farmer | Vol 10 Nr 5 • 2022

afrivet logo