News

Die beste dieresorg vir die plaaslike mark

Dieregesondheid is deel van Afrivet se DNS en dié maatskappy bied wêreldklasoplossings vir boere.

As ’n toonaan- gewende diere- gesondheids- maatskappy in Suider-Afrika bied Afrivet wetenskaplik ontwikkelde oplossings spesifiek vir plaaslike omstandighede.

Afrivet het al vir 22 jaar die- selfde doelwitte:

  1. Om beskou te word as ’n maatskappy uit Suider-Afrika wat die plaaslike omstandighede verstaan en sy produkte dienooreenkomstig ontwikkel.
  2. Om ’n ontwikkelingsrol te speel. Dié maatskappy meen dit is noodsaaklik om betroubare tegniese raad te verskaf en só te verseker dat sy diere- gesondheidsprodukte doeltreffend asook kostedoeltreffend aangewend word.
  3. Om ’n aandeel te hê in die verbetering van voedselsekerheid en die voorkoming en bekamping van soönotiese siektes ten einde gemeenskapsgesondheid en -welstand te bevorder deur sy One Health-benadering. Die One Health-beginsels spoor Afrivet aan om geïntegreerde gesondheidsoplossings te bied wat deur plaaslike kenners vir boere ontwikkel is om plaaslike probleme aan te pak.

Afrivet is in staat om kleinskaalse en kommersiële veeboere, asook veeartse te ondersteun deur betroubare tegniese raad en opleiding tesa- me met ’n uitgebreide produkreeks. Hierdeur verseker die maatskappy sy produkte word veilig en ekonomies gebruik.

BEKAMP SIEKTES

As ’n voorloper in die bedryf het Afrivet sy energie daarop toegespits om siektes aan te pak wat dieregesondheid, -produksie en -welstand in Afrika ernstig kan beïnvloed. Dit sluit dié in wat ’n impak op voedselsekerheid en menslike gesondheid het wanneer die siekte soönoties is en dus van diere na mense oorgedra kan word.

Bek-en-klouseer het byvoorbeeld ’n groot nadelige invloed op boerderygemeenskappe wêreldwyd en in Afrika spesifiek – finansieel én struktureel.

Afrivet se navorsing toon daar is twee belangrike elemente wat kan bydra om te keer dat bek-en-klouseer versprei: doeltreffende biosekerheidsmaatreëls en die ontwikkeling van nuwegenerasie-entstowwe en diagnostiese strategieë.

Toegang tot relevante medisyne, entstowwe, diagnose en biosekerheidsmaatreëls is egter nutteloos as die gebruikers van hierdie hulpbronne nie weet hoe om dit by hul produksiestelsels te integreer nie. Afrivet het deurgaans gehou by sy doelwit om goeie tegniese raad te verskaf en het waardevolle boeke bekend gestel, soos Siektes en parasiete van bees- te, skape en bokke (2006) – die eerste in ’n reeks van 11 boeke. Verder is 40 handleidings oor Primêre dieregesondheidsorg (PAHC) vir kleinskaalse boere en plaaswerkers, ’n reeks van vyf monografieë oor bosluis-identifikasie en bek-en-klouseer, asook drie slimtoesteltoepassings ontwikkel.

Afrivet het ook ’n filiaal, Afrivet Training Services, gestig om opleiding te verskaf met die samewerking van die hoof van primêre dieregesondheidsorg by die fakulteit veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Afrivet borg hierdie diens en het homself dus gevestig as ’n leier in die verskaffing van betroubare en hoëgehalte-AgriSeta-goed-gekeurde opleidingsmateriaal vir alle belanghebbendes.

Vir veeartse is daar die wêreldbekende inligtingsbron op die Anipedia-platform (anipedia.org). Dit verskaf nie net bygewerkte inligting oor aansteeklike siektes en parasiete by vee nie, maar bied ook CPD-kursusse vir veeartse en para-veeartsenykundiges wat deur die Suid-Afrikaanse Veterinêre Raad geakkrediteer is.

GOEIE SAMEWERKING

Afrivet konsentreer op die One Health-doelwitte van afwesigheid van siektes, siektevoorkoming, gesondheidsverbetering en gesondheidsbevordering. Om dit te bereik, werk sy kenners saam met verskeie plaaslike en internasionale universiteite en ander belanghebbendes om ’n betroubare reeks produkte en oplossings na te vors en te ontwikkel.

Afrivet is dankbaar vir die finansiering van belanghebbendes, soos die Bill en Melinda Gates-stigting, Innovate UK en Galvmed, asook sy sleutelvennoot, die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Deur bekostigbare gehalte-produkte wat in Suid-Afrika en Suider-Afrika goedgekeur en geregistreer is, is Afrivet trots dat hy waarde toevoeg tot die lewe van boere en gemeenskappe in Afrika.

eraditick product line

BETROUBAAR.

Afrivet ondersteun boere met ’n uitgebreide produkreeks wat gepaard gaan met betroubare tegniese raad.
FOTO: VERSKAF

afrivet logo