News

Afrivet is weer by Nampo!

Nampo, wat jaarliks op Bothaville in die Vrystaat gehou word, is die grootste landbou-tentoonstelling in Afrika en Afrivet is weer daar. Afrivet voorsien dieregesondheidsprodukte, -kennis en -dienste, wat spesifiek ontwikkel is vir plaaslike diere met plaaslike probleme, gerig op Suid Afrika en Afrika.

nampo 2023

Afrivet neem deel aan Nampo om sy klante te ondersteun, produkte en dienste te bemark en om op die hoogte te bly van ontwikkelinge in die landboubedryf. Sy span gekwalifiseerde dieregesondheidskenners is daar om jou raad te gee oor die beste gesondheids- en welstandsoplossings vir jou vee.

Op 1 Augustus 2000 het Eco Animal Health – ’n relatief nuwe en sukkelende diere- gesondheidsmaatskappy – ’n plaaslike bestuurspan van vyf lede vir Suider-Afrika aangestel. Hulle was almal voorheen HR- Vet-werknemers onder leiding van dr. Peter Oberem.

Die span het ’n ondernemings- bestuursmaatskappy, Afrivet Business Management (Afrivet), gestig. Hul werk was om die maatskappy te laat groei en winsgewend te maak. Hulle het begin met ses geregistreerde middels in hul produkmandjie: Ecotraz (’n standaardsterkte van 12,5% en dubbelsterkte van 25%); Ecomintic 50; Ecomectin 1% (inspuitbaar); en drie byvoere – Flaveco, Salecox en die gepatenteerde Aivlosin.

Ná 23 jaar het Afrivet ’n omvattende produkreeks. Verskeie van dié produkte is baie spesifiek tot Suid-Afrika, waaronder die Afrivet Acaricidal Paint Balls, ook bekend as tick balls, vir die bekamping van bosluise op wild – die eerste produk in sy soort ter wêreld.

Afrivet is ook die verspreider van Wirevax, die eerste entstof teen haarwurm, die ekonomies belangrikste wurm in skape. Sy portefeulje bied ’n wye reeks produkte, waaronder Ecomectin 1% (inspuitbaar), Ultratet-reeks (antibiotika), Eradiworm-reeks (ontwurmingsmiddels), Eraditick-reeks (middels teen uitwen- dige parasiete), die Gel-reeks (vitamien-en-mineraalaanvullings) en dieregesondheidstoestelle.

Afrivet het ook ’n omvattende reeks produkte spesifiek vir geselskapdiere, waaronder pro- dukte wat gedragspatrone en angs behandel, velprodukte, en ’n reeks antibiotika en diagnostiese toetse.

Afrivet het onlangs deel geword van Bimeda®. Hierdie samesmelting is op talle maniere voordelig, aangesien Afrivet die internasionale netwerk van Bimeda® kan benut en daarmee van krag tot krag kan groei.

#AskAfrivet: Kom gesels met ons

Met die #AskAfrivet-inisiatief hoop Afrivet om kennis oor te dra en leiding te gee oor die doeltreffende en regte gebruik van sy produkte. Verder kyk die maatskappy na die doeltreffende bestuur van kuddes, en die vroegtydige identifikasie van siektes by diere.

Kom ontmoet dr. Didi Claassen by die Afrivet- stalletjie om jou vrae te beantwoord. Daar is meer inligting hieroor beskikbaar op Afrivet se Facebook-blad.

Nampo bied ’n unieke geleentheid om inligting en kennis oor die landboubedryf oor te dra en om verhoudings te bou. Afrivet is trots daarop om ’n bydrae te lewer tot dié geleentheid en sy klante en die landboubedryf te ondersteun. Hy sien daarna uit om met boere te gesels en hulle te help om die beste oplos- sings vir hul diere te vind.

Afrivet stel nuwe standaarde vir die dieregesondheids- bedryf deur troeteldier-eie-naars, boere, veeartse en ander professionele mense in die landboubedryf te help om suksesvolle ondernemings in Afrika te bevorder. Hy bereik sy doelwitte deur middel van innoverende produkte, professionele kennis, asook ondersteuningsdienste wat passievol en doelgerig bedryf word vir plaaslike en wêreldwye samewerking.

Kom besoek Afrivet by Nampo – die span sien uit daarna om lesers te ontmoet, op Afrivet se gewone plek, in die Nutrifeeds-verlenging.

Registrasienommers ingevolge Wet 36 van 1947: Ecotraz 125 (reg.nr. G1998), 200 (G2600) en 250 (G1999); Ecomintic 50 (G2000); Ecomectin (G2275); Flaveco 40 (G2502) en 80 (G3419); Salecox (G4009); Aivlosin WS (G1598), FG (G2851); Acarici- dal Paint Balls 5% (G4228) en 10% (G4229); Wirevax (G4200); Ultratet LA 200 (G355); Eradiworm® (G3411); Eraditick® 125 (G3583), 250 (G4047), Cattle Pour-On (G3443), Plus (G4351), Grease (G3667) en Pig Pour On (G3275).

afrivet logo